Sorita Musgrave (Weeksdae, 03:00 - 05:00)

Sorita is per ongeluk in radio toegelaat en nou kan hulle nie ontslae raak van haar nie! Sy het 'n passie vir wat sy doen en doen dit met oorgawe.

Sy geniet die vroee oggendure saam met die "insomniacs", die skofwerkers en die mense wat laat gekuier het of wat vroeg opstaan! Sy geniet NikNaks en yoghurt, het al valskerm gespring en lag maklik vir haarself. MAW, sy is weird, waaghalsig en laf! Sy is lief vir mense en wys dit ook maklik!

Haar program bied interessante brokkies nuus wat mens nie aldag en heeldag sal hoor nie. Sy laat jou brein vroegoggend werk met haar Tameletjie en laat die voete jeuk met die 4spel net na 4 elke oggend, Maandag tot Vrydag tussen 3 en 5! Net voordat sy groet, bied sy dan ook vir jou 'n klein brokkie inspirasie!

Sorita Musgrave