Joey Reinders (Saterdae, 05:00 - 09:00)

Joey Reinders help jou om positief te wees op 'n Saterdagoggend 7:00 tot 9:00, terwyl jy kan ontspan met rustige musiek op Sondae vanaf 14:00 tot 18:00.

Sy het van jongs af al 'n groot passie vir musiek, en het daarom gedroom om eendag 'n loopbaan in enige vorm van musiek te kan volg.

Sy het in September 2011 by Bok Radio aangesluit as 'n omroeper. Sy werk nou ook as assistent vir die Program Bestuurder.

Haar liefde vir musiek word ook uitgebeeld as 'n baskitaarspeler, waar sy al op die verhoog verskyn het saam met Nic Stevens, asook die Broers. Sy het ook al in musiek video's baskitaar gespeel vir Cheree, Wynand Strydom, Hugo Nieuwoudt en Desmond Wells.

In haar vrye tyd probeer sy soveel moontlik tyd op haar quad deurbring.

Joey Reinders