Werner Alberts (Sondae, 18:00 - 21:00)

Werner is 'n trots en aktiewe Suid-Afrikaaanse sport-avontuur geesdriftige met onblusbare lewenslus gaande oor vryheid, vlaktes, vriende en filosofie.

Liefhebber van goeie waardes en gesonde leefstyl, opregte omgee mense, sinvolle gesprekke, beskaafde humor, pop-country en rock musiek, intrigiese rolprente, smaaklike wildsbiltong, kwaliteit whiskey of rooiwyn.

As voormalige rolprent waaghals, tv aanbieder en tans radio persoonlikheid by Bok Radio, bring Werner 'n hartlike en positiewe gesindheid oor na sy luisteraars. Hy het die wereld gereis en waardevolle kennis opgedoen oor verskeie internasionale kulture, tendense, sake en gebeure wat hom in staat stel om 'n wye spektrum van ervaringe met jou te deel.

Werner kan bespreek word vir eksterne dienste soos talent beoordeling, winkel-promosies, handels ambassadeur, funksie emcee, tv-aanbieding en advertensies.

Werner Alberts