Le-Lue Roode (Weeksdae, 07:00 - 09:00)

Le-Lue sing van 10jarige ouderdom en op 13 het sy haar SA kleure in beide sang en dans verwerf. Sy het al verskeie sang en dans kompetisies gewen. Sy tree gereeld op by feeste, troues, fondsinsamelings, eksklusiewe geleenthede en skole. In 2003 het sy deel geneem aan die Global Spotlight kompitisie met 9 verskillende kategoriëe, waar sy weggestap het met 6 goud, 2 silwer en 1 brons medalje. In 2004 het Le-Lue aan die ATKV Bravura kompetisie deelgeneem en geëindig as ‘n finalis. Die volgende jaar (2005) het sy ingeskryf vir Crescendo ATKV landswye kompetisie en as ‘n semi-finalis geëindig.

Le-Lue was ook in die band Skyfdeer, wat hul eie liedjies skryf en ‘n demo CD opgeneem het. Die band, met die drommer - Werner von Waltsleben, kitaar - Matthew Baird, Bass - Johan Kruger en Le-Lue as die hoofsanger het baie opslae gemaak onder jong mense. Van die bekende liedjies is “Die een” (ek en jy), “Vegvliegtuig” en “Jy was Jy”. Jy het moontlik selfs al van die liedjies gehoor, sonder dat jy weet dit is Le-Lue!

Sy het aan die einde 2005 ingeskryf vir Die Burger se Plusster-kompetisie waar sy as een van die vyf finaliste aangewys is uit die Oos- en Wes-Kaap (waar sy die jongste was – op daardie stadium 16!). Sy het gedurende die 2005/2006 vakansie seisoen saam met Nicholis Louw, Hi-5, Willem Botha en ander Plussterre getoer en opgetree in verskeie dorpe vanaf Oos-Londen tot in Langebaan. Die Burger het haar vertonings beskryf as die “klein meisie met die groot stem wat die gehoor aan haar lippe laat hang”. Asook dat sy die toekomstige vroulike weergawe van Theuns Jordaan is. In Januarie 2006 is Le-Lue as die wenner gekroon, en het weggestap met Die Burger Plusster titel. Beslis ‘n Hoogtepunt in haar loopbaan!

Le-Lue Roode