Johan Roos (Weeksdae, 05:00 - 07:00)

Gebore in Aliwal Noord en so paar maande later het my ouers getrek na die pragtige Boland waar ek gemaktrikuleer het by Paarl Boys High.

Na skool het ek vir twee jaar die buiteland gaan verken maar my liefde vir die kaap het my voete gou weer die pad terug laat vind.

Ek het gaan Sound Engineering studeer en as n klank en beligtings tegnikus begin werk. My liefde vir musiek kom al van kleins af aan.

Ek het as n jongeling saam met my pa Johan Roos snr en Tolla van der Merwe se groep getoer en verskeidenheids konserte gehou die hele land vol.

Ek het in een skets uit n groot koffer geklim en n rugby liedjie gesing..daarvandaan my bynaam "Tas".

My liefde vir die vermaaklikheids wereld het my toe laat besluit dat ek drama wil gaan studeer en het aangesluit by die ADK (Akedemie van Drama Kuns.

Ek dink ek was omtrent 15 toe ek die eerste keer deur die radio gogga gebyt is nadat n beoordelaar by n sang kompetisie vir my gese het ek moet 'n loopbaan in radio oorweeg. My sang was sekerlik nie goed genoeg nie en ek het ook natuurlik n gesig vir radio.

In 2001 het ek so klein bietjie uitgesaai by n plaaslike radiostasie in die Paarl maar hulle het ons na 'n paar maande van die lug afgehaal omdat ons program bietjie te alternatief was vir die konserwatiewe styl van die stasie.

Radio droogte het gevolg vir n paar jaar maar die musiek het nog volstoom voort gegaan. In 2012 het Bokradio my die geleentheid gebied om weer te kan uitsaai en van daar af was ek bevoorreg om elke dag een van my groot passies te kan uitleef.

Johan Roos