Pieter du Bois (Saterdae, 11:00 - 14:00)

Pieter du Bois het sy loopbaan begin in 1992 in Johannesburg by RAU. Later in 1993 sluit hy as omroeper aan by Radio Shimla asook by Radio Oranje (OFM) in 1995. Hy het veral bekend geword vir sy PG18 program wat gemik was op die jonger mark in die Vrystaat, Noord Wes en Noord Kaap streke.

Deur die jare het hy verskeie programme behartig wat insluit Spitstyd, Weeksoggende en naweek ontbyt.

In 2002 het Pieter en sy span die "Bacon Bits Breakfast" ontbyt program afgeskop. BBB was veral gewild vir grappige insetsels, oproepe en die "stryd van die geslagte". Hy het ook 'n spesiale ontbyt program uit Mauritius aangebied asook 'n uitsending terwyl hy probeer het om 'n ligte vliegtuig te vlieg.

In 2006 sluit Pieter aan by Algoa FM in Port Elizabeth as Sondag ontbyt omroeper. In 2010 begin hy die KFC Good Morning program op Kingfisher FM. Hierdie famlie leefstyl formaat het Port Eizabeth geteiken met nuus, musiek en interessante gaste.

Na 'n paar jaar uit die industrie, sluit Pieter aan by Bok Radio 98.9FM in 2014 as aanbieder van die amptelike Top 40. Die program is 'n plaaslike gunsteling onder musiekliefhebbers met die 40 beste nasionale en internasionale musiek soos gehoor op Bok Radio.

Buiten sy groot liefde vir rugby, skubaduik, goeie wyn en "fun"... bly radio sy grootste passie.

Pieter du Bois