Wynand van Heerden (Weeksdae, 11:00 - 13:00)

Wynand het groot geword in Uitenhage / Port Elizabeth, maar matrikuleer op Kuruman in die Kalahari. Van klein tyd af het ek 'n passie ontwikkel vir musiek en alles wat daarmee gepaard gaan.

In 2001 begin ek my radio loopbaan as Naweek-bestuurder. Hier is dit my verantwoordelikheid om seker te maak alle programme begin op tyd, en dat daar nooit dooie lug is nie. Min slaap en baie musiek-ure later, kry ek heel per ongeluk die kans om 'n twee ure program aan te bied. Dit was 'n program van min praat en baie musiek, maar die gogga het hard gebyt.

Die Kaap roep my aan die einde van 2010.
Hier ontmoet ek die wonderlikste mense. Mense wat lief is vir my moedertaal en afrikaanse musiek.

Wynand van Heerden