Albertus Kotze (Weeksdae, 13:00 - 16:00)

Albertus Kotze bied die Middagskof weeksdae 14:00 tot 16:00 aan - 'n program waartydens nuus en aktualiteit koning kraai!

Dit is ook die enigste program tans op Bok Radio wat luisteraars die geleentheid bied om deur middel van 'n stemproses te kies waarna hulle wil luister in die Kantoorkragspel!

Albertus het sy loopbaan afgeskop as verslaggewer by 'n koerant uitgewer in Kaapstad, voordat hy Gauteng toe verhuis het om as promotor by Sonja Herholdt Promosies en Produksies aan te sluit.

Hy het later as ontbytprogram omroeper en stasiebestuurder by gemeenskapsradio betrokke geraak, voordat hy ook weer as joernalis by 'n vooraanstaande koerant uitgewer gewerk het.

Hy was die hoof-voorafbeoordelaar vir SABC 2 en Patricia Lewis se "Supersterre" TV- reekse, terwyl hy as produksiebestuurder saam met Patricia Lewis die land deur getoer het vir die kompetisie se oudisie proses en optredes.

As produksie-koordineerder was hy ook betrokke by Patricia se "Blonde Ambisie" TV-reekse.

Vir 'n periode van 8 jaar was hy 'n promosie spesialis by die internasionale musiekmaatskappy, Sony Music Entertainment Africa. Gedurende die tyd is hy ook gereeld gehoor op 'n bekende nasionale radiostasie.

Albertus word nou en dan gesien as akteur in plaaslike rolprent en TV produksies. Hy was selfs "Old McDonald" en "Oom Jan" in die legendariese sangeres, Carike Keuzenkamp se DVD: "Carike & Ghoempie kuier saam met Ghoeghoe in Kinderland 3".

As seremoniemeester tree hy ook gereeld by verskeie geleenthede op.

Albertus Kotze