Die Kuter Show (Weeksdae, 00:00 - 02:00)

Kuter

Kuter het al van kleins af radio-radio gespeel. Die werklikheid van radio het in 1993 gebeur toe een van sy familie lede die Wes Kaap se eerste gemeenskap radio lisensies gekry het.

Jy kan letterlik se Kuter het groot geword in die wereld van radio en dit is ook hoekom hy nie net op radio is nie, maar ook agter die skerms werk.

Kuter se "day job" is sy besigheid XP Broadcasting wat radio uitsaai tegnologie verskaf aan 'n paar radio stasies in Suid Afrika. In 2011 het Kuter dienste van dag een af aan Bok Radio verskaf deur sy maatskappy, maar dit was nie lank nie (dalk op dag 2) toe sluit hy ook aan by die Bok Span as 'n omroeper.

So daar het jy dit... twee baadtjies vir Kuter.

Die Kuter Show