Hein van Wyk (Weeksdae, 21:00 - 24:00)

Ek is gebore op 'n klein dorpie genaamd Strydenburg in die Noord-Kaap en het van kleins af 'n liefde vir musiek en radio.

Ek het altyd gedroom om eendag 'n omroeper te wees. Het speel speel my eie radio stasie gehad en vir myself uitgesaai terwyl ek op my fiets rondgery het. Dit was eers later jare wat ek betrokke geraak het by Gemeenskaps Radio.

Eerste radio waar ek betrokke geraak het, was Radio Kingfisher in Port Elizabeth. Toe ek later in 2001 Kaap toe getrek het, het ek betrokke geraak by Radio Tygerberg. Toe later met die begin van Radio Houtstok het ek by hulle ingeskakel en toe later Bok Radio.

Ek het elke weeksaand 'n program op Bok Radio tussen 9nm en 12vm. Hierdie program behels baie musiek, maar bestaan ook uit baie ander interessanthede. Daar is insetsels soos Praktiese Wenke, Dinsdag aande Geselslyn, Interessante feite rondom musiek en kunstenaars, Donderdag aande Stembus en Snaakse Nuusstories op 'n Vrydag aand.

Dan natuurlik hou ek jou op hoogte van die week se weer, plaaslik en nasionaal. Saans om 20 voor 11 bring ek jou ophoogte van die dag se Nuus hoogtepunte en 20 oor 11 elke aand, vertel ek jou wat gebeur IN en OM Bok Radio.

Hein van Wyk