Kies jou toestel onder:

Aanlyn

Slim TV

iPhone

Android

Vrae en Antwoorde

Wat is die kanaal waar BokTV uitgesaai word en kan ek dit op TV kyk?

BokTV is tydelik net beskikbaar aanlyn by die betrokke skakels afhangende van jou toestel. Ons sal definitied nog op OVHD uitsaai. Hoe gerus ons sosiale media dop vir enige verdere nuus oor OVHD en wanneer ons vrystel. Ons het wel nogsteeds ons klank kanaal op OVHD wat jy nogsteed kan luister

Hoe kyk ek BokTV op my Android toestel?

Vir jou Android toestel besoek gerus rtsp://vod.interworks.in:1935/live/boktv of besoek ons webtuiste www.bokradio.co.za en volg die nodige stappe om BokTV te kyk op die toepaslike toestel.

Hoe kyk ek BokTV op my Apple toestel?

Vir jou Apple toestel besoek gerus http://vod.interworks.in:1935/live/boktv/playlist.m3u8 of besoek ons webtuiste www.bokradio.co.za en volg die nodige stappe om BokTV te kyk op die toepaslike toestel. Hierdie skakels is toepaslik ook vir iPhone, iPad of Apple Televisies.

Hoeveel data gebruik BokTV?

BokTV is aanlyn streaming maar nie op hoë definisie op hierdie stadium nie. Dit vat 720p wat nie baie data gebruik soos ander nie. Dit bevat ‘n derde minder data as ander soos webtuistes soos Netflix, Qello Concerts en ShowMax.

Is daar ‘n opsie vir hoë of lae definsie skakels?

Die skakels sal slegs toelaat om aanlyn te kyk wat jou toestel, bandwydte of data verbruik kan toelaat. Jou toestel sal wel oorskakel na die beste opsie op wat toepaslik is. Inden jy ‘n lae data lyn het, sal die kwaliteit laag wees.

Kan ek enige plek in die land of wêreld BokTV kyk?

Ja jy kan op enige plek in die wêreld BokTV kyk indien jy ‘n Internet konneksie het. Besoek gerus www.bokradio.co.za vir die korrekte skakel.

Ek sien niks, doen ek iets verkeerd?

Beslis. Besoek gerus www.bokradio.co.za vir die korrekte skakel om die stappe te volg vir jou toepaslike toestel.

Is daar ‘n ander skakel vir ‘n Smart TV?

Om BokTV op ‘n SmartTV te kyk kliek op die ‘browser’ op die TV skerm, tik in www.bokradio.co.za en volg die skakel om aanlyn BokTV te kyk.

Hoelaat saai BokTV uit?

BokTV sal tot 15 Augustus elke dag van 6h00 tot 18h00 uitgesaai word van Maandae tot Vrydae. Golden Oldies sal ook elke Sondag van 11h00 to 14h00 op TV te siene wees. Hou gerus ons sosiale media dop want hierdie mag verander afhangende hoe vinning ons vordering maak as wat verwag is.

Ek kry ‘n boodksap "This Channel is off-air"?

Ons het Radio Tydloos gestream op ‘n tydelike platform as wat BokTV nou uitgesaai word. Besoek gerus www.bokradio.co.za vir die korrekte skakel vir jou toepaslike toestel.

Ek kry die 'n "Plug-In is not supported" boodskap

Indien hierdie boodskap verskyn is jy wel op die verkeerde platform vir jou toestel. Identifiseer eers jou toestel en kies korrekte skakel by www.bokradio.co.za

Kan ek BokTV op ‘n media speler kyk?

Ja jy kan. Enige media speler met ‘n "browser" funksie kan BokTV opvang. Besoek gerus www.bokradio.co.za vir die korrekte skakel.

Die klank en die beeld is nie gesinchroniseer nie?

Ons is tans besig met ‘n toets fase met BokTV en is wel bewus van die probeleem. Ons tegnici span werk tans aan die probleem. Ons sal dit spoedig as moontlik oplos.

Die skakel werk nie op my BlackBerry toestel nie.

BlackBerry is ‘n Android toestel. Besoek www.bokradio.co.za vir die Android skakel om BokTV te kan opvang.

Ek hoor julle praat van ‘n WhatsApp nommer. Wat is dit?

Ons het ‘n BokTV WhatsApp toepassing waar ons gehoor ons direk kan kontak. Die nommer is 062 796 7478.

Is die SMS nommer dieselfde as BokRadio se SMS nommer?

Ja dit is dieselfde, 45989

Ek sukkel nogsteed om BokTV op te vang.

Indien jy nogsteeds sukkel om BokTV op te vang. Stuur gerus ‘n epos na info@bokradio.co.za en ons sal jou so spoedig as moontlik probeer help. Of skakel ons by 0860 084 074 en ons tegniese span sal jou probeer uithelp.

Saterdag Party Mix

Saterdag Party Mix
Heinrich du

Saterdae
19:00 - 22:00